# Die polisie- en gevangenisse-vakbond Popcru sê Suid-Afrika se polisiekantore is nie meer veilig vir die samelewing nie. Dit volg nadat swaar gewapende mans Sondag ‘n polisiekantoor in Limpopo beroof en ‘n groot aantal wapens gesteel het. Popcru sê ‘n spoedige herstrukturering van die Suid-Afrikaanse Polisiediens is nodig om die krisis te hanteer. Die vakbond sê polisiekantore raak nou onveilig vir polisielede en inwoners.