Skip to content

Polyco en die Wes-Kaapse regering span saam om afvalherwinners te ondersteun

# Die herwinningsonderneming Polyco en die Wes-Kaapse Departement van Omgewingsake het saamgespan om afvalherwinners te bemagtig. Daar is 500-duisend-rand belê en die projek beoog om toerusting, insluitend trollies en persoonlike beskermende toerusting, aan herwinningsentrums in vyf voorkeurgebiede in munisipaliteite soos George, Plettenbergbaai en Matzikama te verskaf. Die projek sal ook poog om veiligheid, beweeglikheid en produktiwiteit te verbeter, terwyl erkenning gegee word aan herwinners se kritieke rol in die ekonomie.