# ‘n Politieke ontleder sê die Regterlike Dienskommissie het president Cyril Ramaphosa in nog ‘n moeilike posisie geplaas. Die kommissie het die Appèlhof se regterpresident, Mandisa Maya, as volgende hoofregter aanbeveel. Sy is een van vier moontlike kandidate. Die ander drie is waarnemende hoofregter Raymond Zondo, Gauteng se regterpresident Dunstan Mlambo, en ‘n regter in die Konstitusionele Hof, Mbuyiseli Madlanga. Daniel Silke sê die EFF veroorsaak dat die proses net weer gaan verval in interne ANC-faksies se gevegte en hulle insette. Hy sê Suid-Afrika sal heel moontlik weer tweede kom.