# ‘n Politieke ontleder, Daniel Silke, sê die verslag oor die onluste in Julie in KwaZulu-Natal en Gauteng is ‘n verleentheid vir president Cyril Ramaphosa, in sy hoedanigheid as uitvoerende hoof. Meer as 300 mense is dood in die oproer. Die verslag van 154-bladsye het bevind die interne onmin in die ANC het tot die onluste bygedra en moet as ‘n saak van nasionale veiligheid aangepak word. Die verslag sê verder intelligensiedienste kon nie die aard, omvang en modus operandi van die geweld voorsien nie. Silke sê dit sal selfs ‘n groter verleentheid wees as betekenisvolle verantwoordbaarheid nie op die verslag volg nie.