Skip to content

Politieke ontleder sê ANC moet regverdig waarom hy verdien om aan bewind te bly

# Die ANC se onlangse gebruik van adjunkhoofregter Mandisa Maya se foto op ʼn verkiesingsregistrasie-plakkaat is ʼn aanduiding van die probleme wat voorlê. Dit is die mening van die politieke ontleder, Mpumelelo Mkhabela. Maya se gesig pryk op ʼn ANC-plakkaat wat op hulle sosialemedia-platforms gelaai is om mense aan te moedig om te registreer om te stem. Die party het bygevoeg die toekoms is hervorming en het ook genoem dat Maya die eerste vroulike adjunkhoofregter is. Mkhabela sê die ANC moet steeds regverdig waarom hy verdien om aan bewind te bly.