Skip to content

Polisieman dreig kollega met vuurwapen omdat hy dreig om kat uit die mou te laat oor Top Gun: Maverick

# ‘n Australiese polisiekonstabel is tot gemeenskapsdiens gevonnis weens ‘n geskil met ‘n kollega oor die rolprent, Top Gun: Maverick. Dominic Gaynor het sy vuurwapen uitgehaal en op Morgan Royston gerig, wat gedreig het om die storielyn van Tom Cruise se rolprent te verklap. Royston het getuig Gaynor het gedreig om hom te skiet. Royston het sedertdien uit die polisie bedank en sê hy het die vertroue wat hy in die mag gehad het, heeltemal verloor. Gaynor het skuld beken op ‘n aanklag van die dra van ‘n vuurwapen met miskenning van die klaer se veiligheid.