# ‘n Polisielid geklee soos die Grinch het ‘n dwelmklopjag uitgevoer in Lima, Peru. ‘n Video wat die nasionale polisie-agentskap vrygestel het, wys hoe lede ‘n deur afbreek en ‘n huis binnegaan. Die polisie sê drie mense is in hegtenis geneem en verskeie klein pakkies kokaïen is gevind. Die polisie-eenheid in die hoofstad is bekend vir die gebruik van agente in kostuums. ‘n Lid in ‘n teddiebeer-pak het vroeër vanjaar op ‘n vermeende dwelmhandelaar toegeslaan tydens ‘n operasie op Valentynsdag.
Polisielid geklee soos die Grinch lei dwelmklopjag in Peru