# Noordwes se polisie ondersoek van hulle eie lede wat vermoedelik gehelp het met die ontsnapping van ‘n vermeende baasbrein van onwettige mynbou in Stilfontein. James Tshoaeli, bekend as Tiger, het verdwyn kort na sy inhegtenisneming. Hy is aangekeer nadat hy en ander onwettige mynwerkers uit ‘n skag te voorskyn gekom het na ‘n langdurige tweestryd met die polisie. Waarnemende provinsiale kommissaris, Patrick Asaneng, sê Tshoaeli is nooit by ‘n stasie aangemeld of in ‘n hospitaal opgeneem nie. Hy sê hulle duld nie korrupte lede nie.
Polisiebetrokkenheid vermoed in verdwyning van beweerde baasbrein in onwettige mynbou in Stilfontein