# New Yorkse owerhede sê hulle het tasbare bewyse wat Luigi Mangione verbind met die moord op UnitedHealth se uitvoerende hoof, Brian Thompson, ’n week gelede in Manhattan. Die polisie sê die 3D-gedrukte vuurwapen wat Mangione by hom gehad het toe hy hierdie week in Pennsilvanië gearresteer is, pas by drie koeël-doppies wat op die toneel gevind is. Hulle het ook Mangione se vingerafdrukke positief verbind met dié op die misdaadtoneel. New York se hoofspeurder, Joseph Kenny, sê die motief vir die moord is nog onbekend.
Polisie vind bewyse wat Luigi Mangione met moord op UnitedHealth-hoof verbind