# Die polisie in Mpumalanga doen ‘n beroep op inligting terwyl hulle soek na die verdagtes wat die motor van die ANC se Nkangala-streekvoorsitter en LUR vir Menslike Nedersettings, Speedy Mashilo, Donderdag gekaap het. Hy is deur ‘n ander bestuurder tussen Ekangala en KwaMhlanga verbygesteek. ‘n Polisiewoordvoerder, Selvy Mohlala, sê twee aanvallers het Mashilo daarna gedwing om stil te hou. Hulle het hom met ‘n vuurwapen gedreig en beveel om in die rigting van Ekurhuleni te ry:
Speel klankgreep: ENGSelvyMohlala