Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Polisie lê in Marabastad beslag op vervalste goedere van meer as R8-miljoen [KLANK]

# Die polisie in Pretoria het beslag gelê op vervalste goedere van meer as agt-miljoen-rand en twaalf ongedokumenteerde verdagtes in hegtenis geneem tydens ‘n geïntegreerde toeslaanoperasie in Marabastad. Die Nasionale Vervalste Goedere-eenheid het die operasie gelei, saam met lede van gespesialiseerde eenhede, Binnelandse Sake, die Inkomstediens, handelsmerkbeskermers en sekerheidsamptenare. Die woordvoerder, Amanda van Wyk, sê verskeie vervalste items is in beslag geneem:

AFR-VanWykOnCounterfeit