# Die polisie in Welkom in die Vrystaat het hulp nodig met die opspoor van Sarel du Toit, wat oor die naweek vermis geraak het. Du Toit het glo ‘n argument gehad met sy meisie voor hy laas gesien is. Volgens die polisie het die 48-jarige man glo na Durban gereis om ‘n vriend te besoek.