# Die Noord-Kaapse polisie vra die publiek se hulp om ‘n 43-jarige man op te spoor wat Dinsdag by die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal in Kimberley as vermis aangemeld is. Michael Adons is op die 23ste van verlede maand in die hospitaal opgeneem. Hy is donker van gelaat, 1,6-meter lank en skraal gebou. Hy was tydens sy verdwyning geklee in ‘n hospitaal-kledingstuk. Enigiemand met inligting oor waar hy hom bevind kan die ondersoekbeampte, adjudant-offisier Segoje, by Kimberley se speurtak kontak op die nommer 071 208 3094.