# ‘n Twintigjarige Amerikaanse pizza-afleweringsvrou is aangekla van poging tot moord nadat sy na bewering ‘n swanger vrou met ‘n skerp voorwerp gesteek het oor ‘n footjie gelykstaande aan 40-rand. Brianna Alvelo het die pizza afgelewer by ‘n hotel in Kissimmee, Florida, en was blykbaar ongelukkig oor die klein fooitjie. Sy en ‘n man het na bewering teruggekeer en die ander vrou 14 steekwonde toegedien. Die gewapende man is nog nie uitgeken nie. Alvelo word ook aangekla van betreding met ‘n vuurwapen, ontvoering en aanranding met die doel om ernstig te beseer.
Pizza-afleweringsvrou aangekla na aanranding oor klein fooitjie