# Die Melbournese Simfonie-orkes in Australië het ‘n bekroonde pianis se komende optrede gekanselleer ná opmerkings oor die oorlog tussen Israel en Hamas. Jayson Gillham het Sondag die komposisie Witness die eerste keer in die openbaar voorgespeel. Dit is deur ‘n ander komponis geskryf as ‘n huldeblyk aan die Palestynse media. Gillham sou Donderdag weer optree, maar die program is verander nadat hy tydens die optrede gesê het Israel het meer as 100 joernaliste vermoor. Die orkes het sê Gillham se uitlatings is ‘n verbreking van sy kontrak.
Pianis se optrede in Melbourne gekanselleer weens uitlating oor Gaza