Skip to content

Peiling toon Biden en Trump is gelykop as verkiesing vandag sou plaasvind

# ʼn Nuwe peiling toon president Joe Biden van Amerika en oudpresident Donald Trump is byna gelyk indien ʼn verkiesing vandag gehou sou word met Biden op 46-persent en Trump op 47-persent. Die peiling deur Ipsos, ABC News en die Washington Post, het twee-duisend-431 volwassenes betrek. Hiervan was 32-persent Demokrate, 29-persent Republikeine en 27-persent was onafhanklikes. Die peiling toon ook as visepresident Kamala Harris Biden as Demokratiese kandidaat sou vervang, sou 49-persent kiesers Harris en 46-persent vir Trump ondersteun.