# Die Patriotic Alliance het geskiedenis gemaak toe sy eerste uitvoerende burgemeester in die Wes-Kaap aangewys is. Mitchell Smith is gister verkies as die Laingsburgse munisipaliteit se burgemeester ná ‘n koalisie tussen die ANC, die Karoo Gemeenskapsparty, die Karoo Democratic Force en die PA om dié munisipaliteit in Sentraal-Karoo te beheer. Die Patriotic Alliance se adjunkleier in die provinsie, Sammy Claassen, sê die politieke landskap en mag in die Wes-Kaap het verskuif. Daar was ná die afgelope munisipale verkiesing 12 Wes-Kaapse rade sonder ‘n volstrekte meerderheid.