Skip to content

Patriotic Alliance eis verhoogde grenssekerheid na Beitbrug-inspeksie [KLANK]

# Die Patriotic Alliance eis verhoogde sekerheid by die grens na ʼn patrollie by die Beitbrug-grenspos in Limpopo wat nie vooraf goedgekeur is nie. Gewapende lede van die party het gister omstredenheid veroorsaak toe hulle sonder goedkeuring inspeksies uitgevoer en honderde Zimbabwiërs verhinder het om die grens onwettig oor te steek. Die kommissaris van die Grensbestuursowerheid, Mike Masiapato, verduidelik die owerheid is die enigste entiteit met gesag vir wetstoepassing by toegangspunte. Patriotic Alliance-leier, Gayton McKenzie, vra vir meer personeel om te voorkom die grens word poreus:

ENG McKenzieOnBorderSecurity