Skip to content

Party vra vir omvattende hersiening van SANW se huidige operasionele strategie

# Die United Africans Transformation vra vir ‘n omvattende hersiening van die bestaande operasionele strategie van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag om te verseker troepe word behoorlik opgelei, toegerus en ondersteun in komplekse konfliksones. Dit na die dood van nege Suid-Afrikaanse soldate tydens onlangse skermutselings met die M23-rebellegroep in die Demokratiese Republiek die Kongo. Party-woordvoerder, Mighty Mabule, sê die regering moet die toewysing van hulpbronne verbeter om die jarelange kwessies van onderhoud van toerusting en intelligensievermoëns aan te spreek.