Skip to content

Parlementêre komitee vir Openbare Werke sê uitgebreide programme moet behoorlik befonds word

# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Openbare Werke en Infrastruktuur sê ʼn gesamentlike poging is nodig om die Uitgebreide Openbarewerkeprogram te befonds en te hervorm. Die program poog om tydelike werksgeleenthede vir werkloses te skep. Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean McPherson, het aan die komitee gesê die program het ʼn begrotingsbesnoeiing van 700-miljoen-rand gehad wat dienslewering negatief beïnvloed. Die komitee sê hy sal die departement ondersteun om kwessies te hanteer soos politieke begunstiging, korrupsie en beperkte vaardighede wat in die program aangeleer word.