# Die Parlement het die Konstitusionele Hof se besluit om toe te laat dat die vervolgingsproses teen die openbare beskermer Busisiwe Mkhwebane afgehandel mag word verwelkom. Dit volg nadat die voormalige speaker Thandi Modise ‘n paneel onder die voorsitterskap van afgetrede Konstitusionele Hofregter Bess Nkabinde aangestel het om te bepaal of daar ‘n prima facie-saak teen Mkhwebane is. Die Parlement sê in ‘n verklaring die huidige speaker, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, waardeer die verduideliking en leiding wat deur die Konstitusionele Hof verskaf is om enige hindernis met die voortsetting van die proses uit die weg ruim.