# Die parlement het nege senior personeellede geskors ná ‘n eksterne ondersoek na die brand wat die Nasionale Vergaderinggebou in Januarie verlede jaar verwoes het. Hulle is deel van ‘n groep van 28 amptenare wat in die ondersoek geïdentifiseer is en moontlik verantwoordelik was vir sekuriteitstekortkominge. Die sekretaris van die Parlement Xolile George sê die geïdentifiseerde amptenare is ‘n kans gegun om op die moontlike aanklagte te reageer. Hy sê 13 van die 28 personeellede sal dissiplinêr vervolg word. Die parlementsgeboue word nou teen ‘n koste van twee-miljard-rand herstel.
Parlement skors 9 amptenare na ondersoek na brand by Nasionale Vergadering