Skip to content

Parlement nie ingelig oor Openbare Beskermer se verslag oor Bester se ontsnapping nie

# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Korrektiewe Dienste sê hy is nie in kennis gestel van die Openbare Beskermer se verslag oor die veroordeelde moordenaar en verkragter, Thabo Bester, se ontsnapping in 2022 uit die Mangaung-gevangenis nie. Die verslag onthul Korrektiewe Dienste se personeel het binne weke na Bester se vals selfmoord van sy ontsnapping geweet, maar eers ses maande later ʼn strafregtelike saak aanhangig gemaak. Die komiteevoorsitter, Kgomotso Ramolobeng, sê die verslag is ook nie na die Nasionale Vergadering verwys nie.