# Paralimpiese Spele: Span Suid-Afrika het ses medaljes verower in Parys, wat twee goues en vier brons insluit. Twintig atlete het aan sewe sportsoorte deelgeneem teenoor die 34 wat drie jaar gelede sewe medaljes in Tokio gewen het. Mpumelelo Mhlongo het een van die goue medaljes in die mans T44 100-meter gewen en die 19-jarige Simoné Kruger die ander een in die vroue-skyfwerp F38. Donald Ramphadi en Lucas Sithole met hul brons medaljes het geskiedenis gemaak deur die eerste Suid-Afrikaners te word wat op die Spele ʼn medalje wen in rolstoeltennis.
Paralimpiese Spele: Span SA bring ses medaljes huis toe wat twee goues insluit