# Die para-swemmer David Williams sal Saterdag die Midmarmyl in KwaZulu-Natal aandurf, om geld in te samel vir die Kinderkankervereniging van Suid-Afrika. Die 34-jarige van Durban is sonder bene gebore. Hy het die myl in die dam reeds vier keer agter die rug. Nou wil hy sy energie vir liefdadigheid aanwend deur aan die wêreld se grootste oopwater-swemgeleentheid deel te neem. Nadat hy op skool gesukkel het om ‘n sportsoort vir nie-gestremdes te kry, het hy deur swem aan aangepaste sport begin deelneem. Hy het dadelik presteer en het ses rekords verbeter voordat hy aan aangepaste roei begin deelneem het.