Skip to content

Pandor kritiseer Malema vir sy bewering dat sy ‘n lening van VBS ontvang het

# Die voormalige minister van Internasionale Betrekkinge en Samewewerking, Naledi Pandor, sê die EFF-leier, Julius Malema, het gelieg toe hy beweer het sy het ‘n lening van VBS Mutual Bank ontvang. Malema het dit verlede maand aan die SABC gesê. Pandor eis dat hy die vals bewering terugtrek en haar in die openbaar om verskoning vra. Sy sê by monde van haar regsverteenwoordiger, Malema sê hy verstaan dat sy opmerking as kras ervaar is, maar dit was bedoel om tot ‘n openbare gesprek oor die VBS-skandaal by te dra.