# Die president van die Palestynse Owerheid, Mahmud Abbas, sal later vandag sy Turkse ampsgenoot, Recep Tayyip Erdogan, in Ankara ontmoet, ‘n dag ná ‘n besoek aan Moskou. Dit vind plaas tydens ‘n gespanne stadium in die tien-maande-lange oorlog tussen Israel en Hamas. Pogings vir ‘n wapenstilstand wankel en Israel staal hom vir dreigende aanvalle deur Iran na die moorde op senior Hamas-amptenare. Erdogan is uiters krities oor Israel se optrede ná Hamas se aanvalle op 7 Oktober. Hy noem die Israeliese premier, Benjamin Netanyahu, die Slagter van Gasa.
Palestynse leier Abbas ontmoet Erdogan van Turkye later vandag