Skip to content

Palestynse gevangene wen internasionale prys vir Arabiese fiksie

# Die Palestynse skrywer, Basim Khandaqji,  het gister die Internasionale Prys vir Arabiese Fiksie ontvang vir sy roman, A Mask, the Colour of the Sky, by ‘n geleentheid in Abu Dhabi. Khandaqji het die prysgeld van 937-duisend-rand gewen asook befondsking vir ‘n Engelse vertaling. Khandaqji is sedert 2004 lewenslank in die tronk weens terrorisme vir die beplanning en deelname aan ‘n boomaanval by die Kameelmark in Tel Aviv. Sy boek vertel die verhaal van Nur, ‘n Palestynse argeoloog in ‘n vlugtelingkamp in Ramallah, en beskryf lewe agter die veiligheidsomheining.