Skip to content

Padwedlope: Londen Marathon ontvang rekord aantal aansoeke vir 2025

# Padwedlope: Organiseerders van die Londen Marathon het 840-duisend-318 aansoeke vir die wedloop in 2025 ontvang. Dit verbeter die wêreldrekord van 578-duisend-374 wat in verlede jaar se openbare loting opgestel is. Meer as 53-duisend atlete het verlede week die 44ste uitgawe van die marathon voltooi. Die Olimpiese kampioen, Peres Jepchirchir, het ‘n wêreldrekord vir vroue opgestel. Daar was ‘n geraamde 17-duisend lotingsplekke beskikbaar vir vanjaar se wedloop. Die 2025 Londen Marathon is geskeduleer vir 27 April.