# Padwedlope: ‘n Padwedloop wat as die moeilikste in Limpopo bekend staan, die Tuffy, is terug op die kalender ná ‘n afwesigheid van twee jaar weens die Covid-19-pandemie. ‘n Woordvoerder van Tzaneen se Marathonklub, Paul Saayman, sê die Tzaneen Tuffy 4-in-1 word wyd ondersteun. Die wedloop sal op 5 Maart plaasvind. Die Tuffy begin en eindig by Lombards-avokado’s op die Ou Koetshuis-pad in Agatha. Atlete kan vir vyf wedlope inskryf.