Skip to content

PAC sê korrupsiebewerings teen minister Nzimande is niks nuuts nie [KLANK]

# Die P-A-C sê korrupsiebewerings dat die minister van Hoër Onderwys, Wetenskap en Tegnologie, Blade Nzimande, die hoëronderwys-sektor gebruik as kanaal om geld na hom en die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty te herlei, is niks nuuts nie. Die PAC-studentebeweging vra reeds jare lank dat Nzimande verwyder word oor bewerings dat hy volgens hulle die onderwyssektor vir tegniese en beroepsonderwys en SETA’s gebruik om geld van die staat te steel. Die PAC se woordvoerder, Azania Tyhali, sê dis die natuurlike gevolg van ʼn kleinlike, middelklas, postkoloniale, nasionalistiese bedeling:

ENG AzaniaonNzimande