# ‘n Dertig-jarige spesialis-ingenieur en sy 20-jarige vriendin het in die Palm Ridge Handelsmisdaadhof verskyn op aanklagte van diefstal, bedrog en geldwassery. Xolela Masebeni en Athembile Mpani is vrygelaat op borgtog van 50-duisend-rand elk. Die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder, Phindi Mjonondwane, sê Masebeni het verlede jaar tussen September en Desember 103-miljoen-rand van sy werkgewer, ABSA-bank, gesteel en na ses rekeninge oorgeplaas, onder andere dié van Mpani:
Speel klankgreep: ENGPhindiMjonondwane