Skip to content

Owerhede bly op perseel nadat betogers Laerskool Danie Malan sluit

# Owerhede bly op die perseel nadat betogers vanoggend die Laerskool Danie Malan in Pretoria gesluit het. Daar is geen beserings aangemeld nie. Die betogers is ongelukkig oor skoolplasings en het die hekke gesluit en paaie met brandende buitebande versper. Die skool het reeds sy kapasiteit van een-duisend-350 leerders bereik en ouers is verwys na die nabygeleë North Park Primary, wat nog plek het. Privaat sekerheidsbeamptes het die slotte geknip om toegang tot die skool te verkry. Die Gautengse Departement van Onderwys monitor die situasie, en klasse sal na verwagting more hervat.