# Die Organisasie teen Belastingmisbruik versoek Eskom om eenvoudige, billike en bekostigbare elektrisiteitstariewe vir huishoudings in te stel. Hulle is besorg oor die nutsmaatskappy se voorgestelde tariefverhogings van 36-persent vir 2025/2026, insluitend hoër vaste heffings en verpligte tyd-van-gebruik-tariewe vir sonkraggebruikers. Die energiereguleerder, Nersa, sal sy besluit oor die tariefplan na verwagting teen die einde van die maand bekend maak. OUTA-woordvoerder, Stephanie Fick, sê hierdie veranderinge sal verbruikers benadeel en die gebruik van skoon energie ontmoedig:
OUTA versoek Eskom om huishoudelike tariewe te vereenvoudig en regverdig aan te pas [KLANK]
AFR FickOnFairTariffs