# Die 2022-skooljaar begin binnekort, maar baie ouers kan nie hulle kinders se skoolgeld bekostig nie. Sommige ouers is in die skuld gedompel sedert die Covid-19-pandemie uitgebreek het. Talle het hulle werk verloor of hulle salarisse is besnoei as gevolg van die uitwerking van die pandemie. Die uitvoerende hoof van die TPN-kredietburo, Michelle Dickens, het tydens ‘n onderhoud met eNCA gesê die streng inperking het grootliks hiertoe bygedra:
Speel klankgreep: ENG school fees
Dickens sê sedert die begin van die pandemie het die betaling van skoolgeld in baie huishoudings nie voorkeur gekry nie omdat huishuur en verband-terugbetalings belangriker was. Sy sê by talle skole is tot 40-persent van skoolgeld nie betaal nie:
Speel klankgreep: ENG school fees 2