# Oud-hoofregter Mogoeng Mogoeng het verskoning gevra vir sy kommentaar oor Suid-Afrika se beleid oor Israel. Hy sê in ‘n verklaring hy moes nie betrokke geraak het by politieke omstredenheid in sy uitsprake tydens ‘n aanlynwebinaar van die Jerusalem Post in Junie 2020 nie. Mogoeng het destyds gesê hy is as ‘n Christen verplig om Israel lief te hê en te bid vir vrede in Jerusalem. Die Regterlike Gedrags-appèlkomitee het vroeër bevind Mogoeng het die Regterlike Gedragskode oortree, deur betrokke te raak by sake wat politieke omstredenheid veroorsaak.