Skip to content

Oscar-wenner Daniel Day-Lewis keer terug na die silwerdoek

# Die driemalige Oscar-wenner, Daniel Day-Lewis, het sy aftrede op die lange baan geskuif om die hoofrol te vertolk in sy seun, Ronan Day-Lewis, se eerste fliek as regisseur. Hulle het die fliek, Anemone, saam geskryf en beskryf dit as die ontginning van die ingewikkelde verhoudings tussen pa’s, seuns en broers, asook die dinamika van gesinsbande. Die rolverdeling sluit Sean Bean, Samantha Morton en Samuel Bottomley in. Dis die 67-jarige Day-Lewis se eerste optrede sedert sy verskyning in Phantom Thread in 2017.