# Vier verdagtes sal na verwagting dié week in die landdroshowe in Wynberg en Athlone verskyn op aanklagte van die besit van ammunisie, vuurwapens en dwelms. ‘n Polisiewoordvoerder, Joseph Swartbooi, sê die Wes-Kaapse Teen-Bende-eenheid het verskeie optredes van stapel gestuur wat gelei het tot die inhegtenisneming van ‘n verdagte in Lavender Hill vir die besit van vuurwapens en ammunisie. Nog drie verdagtes is in Hanover-park in hegtenis geneem, waar die eenheid op drie wapens, ammunisie en dwelms beslag gelê het.