# Die Suid-Afrikaanse Studente-unie vra vir ‘n spesiale polisie-eenheid om geslagsgeweld by tersiêre instellings aan te pak. Dit volg nadat ‘n student van die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie by studenteverblyf in Belhar deur haar lewensmaat met ‘n mes gesteek is. Die 26-jarige vrou is tans in ‘n bedenklike toestand in die Tygerberg-hospitaal. Die polisie het bevestig die 30-jarige manstudent is in hegtenis geneem en onder polisiebewaking in die hospitaal. Die studente-unie sê statistieke wys geslagsgeweld by tersiêre instellings het ernstige ingryping nodig.
Oproep vir ‘n spesiale polisie-eenheid om geslagsgeweld by tersiêre instellings te takel