Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Oppenheimer oorheers Bafta-toekennings

# Christopher Nolan se epiese biografiese riller, Oppenheimer, het sewe BAFTA-rolprenttoekennings gewen, insluitend die een vir beste film. Nolan, wat voorheen reeds vir agt Baftas benoem is, is as beste regisseur aangewys, met Cillian Murphy as beste akteur. Poor Things het vyf toekennings verower met Emma Stone as beste aktrise. Die Bafta vir beste ondersteunende aktrise het aan Da’Vine Joy Randolph gegaan vir haar rol in The Holdovers. Beste dokumentêr is toegeken aan 20 Days in Mariupol. Die rolprent gee ‘n ontstellende blik op die eerste drie weke van Rusland se inval in Oekraïne deur die oë van Associated Press se plaaslike verslaggewers.