Skip to content

Opname voorspel salarisverhogings sal inflasie in 2024 oortref

# Nedbank se jongste verslag oor die stand van die ekonomie voorspel werknemers kan vanjaar ‘n mate van verligting verwag, aangesien salarisverhogings inflasie sal oortref ná twee jaar van tekorte. BusinessTech berig salarisverhogings sal na verwagting teen ‘n gemiddeld van 6,9-persent styg. Terselfdertyd sal inflasie waarskynlik gemiddeld vyf-persent wees, wat ‘n reële  verhoging van 1,9-persent is en ‘n effense blaaskans bied vir huishoudings wat finansieel sukkel. Ondanks die geskatte salarisgroei kan uitdagings soos werksverliese en hoë rentekoerse egter die finansiële verligting vir Suid-Afrikaanse huishoudings beperk.