Skip to content

Opname toon meeste in konstruksiebedryf verwag winsgewende 2024

# Die konstruksiebedryf in Afrika suid van die Sahara, die Midde-Ooste én Noord-Afrika sien uit na ‘n hupstoot in dié sektor. ‘n Opname wat deur die konstruksie-sagteware-maatskappy RIB Software gedoen is, toon optimisme, met bykans 45-persent van die bedryfspelers wat ‘n oplewing in projekte verwag, 43-persent wat meer privaat sektor-werk verwag en 39-persent wat volhoubaarheid voorop stel. Byna 40-persent voorspel ‘n inkomsteverhoging van vyf- tot tien-persent, terwyl 27-persent ‘n verhoogde inkomste van 15-persent of meer verwag. Die sektor is egter versigtig oor die stygende wêreldwye onrus, konstruksie-mafia en verhoogde brandstofpryse.