# ’n Opname onder sake-ondernemings het getoon geweld in Wes-Kaapse gemeenskappe beïnvloed die lewensvatbaarheid van sakebedrywighede in die provinsie. Die jaarlikse opname oor die uitwerking van geweld op sake-ondernemings, in opdrag van BNP Paribas South Africa en RCS, het bevind 78-persent van die respondente was afwesig en 80-persent ken iemand wat laat was vir werk as gevolg van geweld. Tagtig-persent het aangedui hulle voel onveilig in hul gemeenskappe. RCS-woordvoerder Sandi Richardson sê die opname het gekyk na die uitwerking van geweld weens werkloosheid.