Skip to content

Opname toon boere het deursettingsvermoë en dink vernuwend met krisisse

# ‘n Opname deur die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing bevestig meer as twee-derdes van die agri-ondernemings in Suid-Afrika het vernuwende bedrywe tussen 2019 en 2021 ingestel, ten spyte van ontwrigting weens Covid-19. Die Suid-Afrikaanse Opname vir Landboukundige Sakevernuwing toon 63-persent van die ondernemings het prosesvernuwings ingestel en 38,5-persent was op produkvernuwing toegespits. Die navorsingsleier, Yasser Buchana, beklemtoon die veerkragtigheid en aanpasbaarheid van hierdie ondernemings en wys op hulle sleutelrol om voedselsekerheid vol te hou.