# Die Universiteit van die Witwatersrand sê ‘n jong akademiese navorser by die instelling, Malcolm Weaich, is vereer met Die Beste Algehele Jeug-onder-35-toekenning by die 13de internasionale navorsingskonferensie van die Suid-Afrikaanse Raad vir die Bourekenaars Professie. Weaich is vereer vir sy navorsing oor die gewilligheid van eindgebruikers om volhoubare behuising in Suid-Afrika aan te wend, en lig te werp op die kritieke rol wat bourekenaars kan speel om volhoubaarheid bekostigbaar te maak. Hy sê om deur die raad erken te word, is ‘n bewys van sy toewyding en harde werk in sy navorsingsveld.
Opkomende student ontvang hoogste eer vir baanbrekerswerk oor volhoubare behuisings-navorsing