# Die polisie in Pretoria gaan operasies uitvoer om spyker-lokval-rooftogte in die Akasia-omgewing te bekamp. Beamptes sal in die omgewing van die N4-hoofweg gestasioneer wees, waar die meeste voorvalle aangemeld is. Volgens ‘n woordvoerder, Lindiwe Mdluli, het ‘n onlangse voorval op dié pad plaasgevind, waarin ‘n polisievoertuig ook iets getref het wat vermoedelik ‘n spyker-lokval was. Motoriste is aangeraai om met hul ligte op helder te bestuur wanneer hulle op die N4 reis, omdat die pad nie goed verlig is nie.