# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, moedig die publiek aan om kommentaar te lewer oor die voorgestelde regulasies vir die omgewingsbestuur van aflandige olieoordrag. Dit behels vir voorsiening van brandstof vir gebruik deur skepe, insluitend die laai en verspreiding van brandstof tussen beskikbare opgaartenks. George sê die voorgestelde regulasies het ten doel om die hoë risiko te verminder van oordrag in die mariene-omgewing, wat veral die bedreigde Afrika-pikkewyn skade berokken. Hy voeg by die regulasies wil ook geraas beperk en natuurlewemonitering aanmoedig.
Openbare insette oop oor voorgestelde regulasies vir aflandige olieoordrag