Skip to content

Openbare Beskermer beplan om nienakoming van aanbevelings ‘n misdaad te maak [KLANK]

# Die Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, het planne bekend gemaak om dit ʼn misdaad te maak indien aanbevelings of regstellende optrede binne sy mandaat nie toegepas word nie. Haar kantoor wat die gesag het om onbehoorlike gedrag wat staatsake betref te ondersoek en reg te stel, wil die doeltreffendheid van sy aanbevelings bevorder deur moontlike regsgevolge in te stel indien dit nie toegepas word nie. Gcaleka wat die Kaapstadse Persklub toegespreek het, het die uitdaging om so ʼn maatreël in te stel, uitgelig. Sy erken dat so ʼn poging ingewikkeld is en beklemtoon die behoefte aan streng meganismes om dié doel te bereik: