# ‘n Vierpoot-beampte van die honde-eenheid in Gqeberha in die Oos-Kaap is besig om naam te maak as kabeldiewe se vyand. ‘n Polisiewoordvoerder, Priscilla Naidu, sê beampte Uzzi en sy hanteerder het twee mans vasgetrek wat op heterdaad betrap is toe hulle kabels opgegrawe het naby die verkeersdepartement in Sidwell. Sy sê hulle het weggehardloop toe hulle Uzzi hoor blaf, maar is vinnig aangekeer. Nog twee verdagtes is by die munisipale waterstasie in Walmer gearresteer. Die verdagtes was besig om elektriese toevoerkabels op te grawe.