# Die Oos-Kaapse Departement van Onderwys het ’n beroep op kalmte gedoen terwyl die dood van ’n 16-jarige leerder, Lathitha Nako, ondersoek word. Sy het haar eie lewe geneem nadat sy glo op sosiale media deur medeleerders van die Hoërskool Bhisho geboelie is. Die hoofdirekteur by die departement, Mbulelo Mpupu, sê dit is ‘n kritieke tyd met leerders wat eksamen skryf. Die departement vra almal wat betrokke is om gefokus te bly en seker te maak hulle staan leerders by om die akademiese jaar te voltooi. Nako se roudiens sal na verwagting Sondag plaasvind.